Die Menseregtekommissie sê die waterkrisis moet ‘n nasionale ramp wees
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 12
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie versoek die regering om die land se voortdurende waterkrisis tot ‘n nasionale ramp te verklaar. Die oproep kom terwyl gemeenskappe en huishoudings regoor die land steeds sukkel met ‘n gebrek aan toegang tot water.
Waterinfrastruktuurvandalisme, swak beplanning vir bevolkingsgroei en hoë waterverliese is onder andere groot dryfvere wat tot die krisis bydra. Die kommissie sê ‘n goed geïmplementeerde nasionale ramptoestand sal verseker dat noodfondse gemobiliseer word en dat regeringsamewerking beter gekoördineer word.
Die kommissie waarsku egter dat die verklaring nie ‘n teelaarde vir korrupsie, wanpraktyke en die verduistering van fondse moet word nie.







Comments