Die minister is vol vertroue in die weermag se vermoë
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 5
- 1 min read
Die minister van verdediging, Angie Motshekga, sê sy is vol vertroue dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gedissiplineerd sal optree wanneer hulle ontplooi word om misdaad te help bekamp.
Sy het in die Nasionale Vergadering gesê beplanning vir die ontplooiing is in die finale stadiums. Die strategie sal binnekort aan president Cyril Ramaphosa voorgelê word.
Die weermag sal help om bendegeweld en onwettige mynbou in dele van die Wes-Kaap, Gauteng en die Oos-Kaap te bekamp.
Motshekga sê soldate sal toepaslike opleiding ontvang en streng volgens professionele gedragsreëls moet optree.







Comments