Die OG sê daar is geen meer verantwoordbaarheid in die regering nie
- Armando Pieters

- Aug 15
- 1 min read
Daar is ’n ernstige gebrek aan verantwoordbaarheid in die regering, en geen gevolge vir diegene wat die land se finansiële wette oortree nie.
Dit is volgens die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke.
Maluleke sê dit het gelei tot verskeie jare van gekwalifiseerde oudits by munisipaliteite en aanbeveling op aanbeveling van die ouditeur-generaal wat nie aandag geniet het nie.
Sy het by die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming gepraat. Maluleke het bygevoeg dat sy diep bekommerd is oor bestuursmislukkings, onstabiele rade en swak interne beheermaatreëls op plaaslike regeringsvlak.





Comments