top of page

Die opbrengs van vanjaar se Presidensiële Gholfuitdaging sal 622 skole ondersteun

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 14
  • 1 min read

Updated: Feb 16

President Cyril Ramaphosa sê die opbrengs van vanjaar se Presidensiële Gholfuitdaging sal 622 skole deur die Adopt-a-School-program ondersteun.


Die fondsinsamelingsgeleentheid vind gewoonlik ʼn dag ná die Staatsrede plaas.


Die geleentheid is Vrydag by die Atlantic Beach Golf Estate in Melkbosstrand in die Wes-Kaap gehou.


Die doel was om geld in te samel vir die Cyril Ramaphosa-stigting om skoolinfrastruktuur, insluitend sanitasiegeriewe, te verbeter.


Adopt-a-School Foundation. FOTO: Facebook
Adopt-a-School Foundation. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page