Die polisie lê beslag op duisende rande se onwettige sigarette in die Mangaung-metro
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 28
- 1 min read
Polisie en doeanebeamptes het beslag gelê op onwettige sigarette met ’n geraamde straatwaarde van R23 000 tydens ’n gesamentlike operasie in die Mangaung-metro.
Volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het wetstoepassers op ’n groothandelaar in die Thaba Nchu-sakesentrum toegeslaan nadat intelligensie ontvang is oor die verspreiding van onwettige goedere.
Ses bokse onwettige sigarette en ’n groot hoeveelheid rolpapier is tydens die operasie gekonfiskeer.
’n Verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Thaba Nchu-landdroshof verskyn.








Comments