top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Polisie ondersoek ʼn plaasaanval in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 9, 2024
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat ondersoek ’n plaasaanval in die Goedemoed-polisiegebied waar ’n bejaarde man noodlottig geskiet is en sy vrou ontvoer is. Volgens ’n polisiewoordvoerder, Kaptein Loraine Earle, is vier verdagtes in hegtenis geneem en een is gewond. Die landbougemeenskap van Rouxville het die polisie in kennis gestel van ’n moontlike plaasmoord in die Goedemoed-omgewing. By aankoms het beamptes die boer se liggaam gevind met ’n skietwond aan die kop. Sy vrou is tydens die aanval ontvoer, maar later na soektog deur die polisie gered. ’n Verdagte is tydens die operasie gewond en het in die hospitaal beswyk. Twee vroue en ’n man is in hegtenis geneem.

 
 
 

Comments


bottom of page