Die RDK voer onderhoude met regters vir poste in die appèlhof
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 14
- 1 min read
Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het onderhoude met ses senior regters gevoer vir drie vakante poste in die appèlhof in Bloemfontein. Hierdie aanstellings sal ’n beduidende impak hê op een van Suid-Afrika se belangrikste howe.
Netwerk24 berig regters Nkosinathi Chili, Gerald Hercules Bloem, Thandi Norman, Esther Johanna Steyn, Bashier Vally en Leonie Windell het Maandag onder skerp ondervraging van kommissielede deurgeloop.
Die appèlhof hanteer appèlle uit al die hoër howe in die land en speel ’n sleutelrol in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse reg.
Die RDK voer vandeesweek onderhoude om verskeie vakante poste in howe landwyd te vul, en sal later bekend maak wie sy voorkeurkandidate vir die drie beskikbare poste is.








Comments