Die Takealot-groep het ingestem om poskantoorwerkers aan te stel wat afgelê is.
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 5
- 1 min read
Die Takealot-groep het ingestem om poskantoorwerkers aan te stel wat afgelê is. Dit is volgens die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë. Luidens Newskoop het die departement met die parlementêre komitee oor Kommunikasie meegedeel dat hulle ‘n ooreenkoms met die aanlyn kleinhandelaar bereik het. Takealot beplan om as deel van sy sake-uitbreidingsplanne 18 000 mense aan te stel. Die departement se direkteur-generaal, Nonkqubela Jordan-Dyani, het aan die parlement gesê dat die ooreenkoms deel is van die departement se pogings om werk te skep.





Comments