top of page

Die UDM Vroue-organisasie sê Oscar Pistorius se terugkeer na openbare sport is ‘n belediging

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 11, 2025
  • 1 min read

Die United Democratic Movement Vroue-organisasie noem die onlangse terugkeer van Oscar Pistorius na openbare sport 'n belediging vir die nagedagtenis van sy meisie, Reeva Steenkamp. SABC News berig Pistorius, wat in 2013 skuldig bevind is aan die moord op Steenkamp, ​​het verlede week aan 'n driekamp in Durban deelgeneem. Dit was Pistorius se eerste atletiese verskyning sedert hy in Januarie 2024 op parool vrygelaat is. Volgens die UDM se sekretaris-generaal is dit 'n belediging vir al die slagoffers van geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika. Dit aangsien die land volgens die organisasie ‘n krisespunt in vrouemoord bereik het.

 
 
 

Comments


bottom of page