Die Vaalrivierstelsel-invloeie neem steeds af
- Armando Pieters

- May 2
- 1 min read
Die Departement van Water en Sanitasie sê waterinvloei na die Vaalrivierstelsel neem steeds af. Volgens Newskoop is een sluis by die Vaaldam Vrydagoggend gesluit aangesien watervlakke tot 113-komma-twee-vyf persent gedaal het. Nog ʼn sluishek sal later dieselfde middag gesluit word, wat vier hekke oop laat. Watervlakke by die Gariep-, Bloemhof-, Grootdraai- en Vanderkloofdam het ook afgeneem, maar het bo 100 persent gebly. Die departement sê die Vanderkloof- en Bloemhofdam loop onbeheerd oor en is tans besig om oor te stort.





Comments