Die VF-Plus sê nee vir die metro se 11% watertariefverhoging
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 1, 2025
- 1 min read
VF-Plus raadslid Braam Vorster het die voorgestelde 11% watertariefverhoging tydens die Mangaung Metro Munisipaliteit se spesiale raadsvergadering verwerp. Bloemnuus berig die verhoging is volgens ‘n voorlegging, wat die metro se finansiële hoof, Zuziwe Thekisho, aan die raad voorgehou het vir die konsepbegroting vir die 2025/26-geldjaar. Vorster sê die verhoging is aansienlik hoër as die huidige inflasiekoers van 3,08%, en dat huishoudings en ondernemings in die metro reeds onder finansiële druk gebuk gaan. Ander verhogings wat op die vergadering voorgestel is, sluit in die 12.9% verhoging van elektrisiteit soos deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) goedgekeur is asook ‘n 4.4% verhoging op eiendomsbelasting. Die tariewe kom te midde van ‘n poging deur die metro om inwoners te dwing om hul munisipale rekening op hoogte te hou deur hul watertoevoer af te sny.







Comments