Die Vrystaat se werkgeleenthede groei met voltooiing van die R70 pad
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 24, 2025
- 1 min read
Die Rosendal na Ficksburg Pad (R70) is voltooi. Arrive Alive noem op hul webwerf dat, gedurende die projek, meer as 600 plaaslike werkgeleenthede geskep is en 30 plaaslike subkontrakteurs voordeel getrek het uit onderhoudswerke aan die pad. Hulle het ook glo materiaal en dienste verskaf. Die projek verseker glo vinniger en veiliger reis vir boere en besighede. Die pad verbeter ook glo toegang tot toeriste-aantreklikhede, markte en geleenthede vir die gemeenskap. Die eerste toeriste wat hierby sal baatvind, is die reisigers wat die geskeduleerde Clarens handgemaakte bierfees in Februarie besoek.






Comments