top of page

Die Vrystaatse landbougemeenskap rou oor ‘n vlieënier se dood

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 27
  • 1 min read

Die Vrystaatse landbougemeenskap rou oor die dood van ’n lugbespuitingsvlieënier wat in ’n vliegongeluk op ’n plaas tussen Wesselsbron en Hoopstad oorlede is.


Volgens Netwerk24 het die 34-jarige Aldo Naudé plaagdoder oor mielielande gespuit toe die ongeluk plaasgevind het. Hy is op die toneel dood verklaar.


Naudé word beskryf as ’n toegewyde en ervare vlieënier met ’n passie vir sy werk.


Die plaaslike gemeenskap en kollegas het hul medelye met sy familie en geliefdes uitgespreek.


Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die voorval, en ’n voorlopige verslag word binne 30 dae verwag.


Aldo Naudé. FOTO: Facebook
Aldo Naudé. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page