top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Vrystaatse Onderwysdepartement vra kommentaar oor BELA-regulasies

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 days ago
  • 1 min read

Die Vrystaatse Onderwysdepartement moedig belanghebbendes aan om kommentaar te lewer op konsepregulasies vir die implementering van die BELA-wet.


Die regulasies handel onder meer oor die verkiesing van beheerliggame, vergoeding van staatswerknemers vir bykomende beheerliggaam-pligte, onderwyserontwikkelingsentrums en die Nasionale Onderwysinligtingstelsel.


Die departement sê in ‘n mediaverklaring skole, beheerliggame, opvoeders, ouers, leerders, vakbonde en ander belanghebbendes moet die voorstelle bestudeer en onder meer kommentaar lewer oor die praktiese uitvoerbaarheid, hulpbronne en moontlike onbedoelde gevolge daarvan.


Die konsepregulasies is nog nie gefinaliseer nie en kommentaar moet teen 23:59 Saterdag, 5 September, by die Departement van Basiese Onderwys ingedien word.


Volgens die departement kan deelname aan die proses help om ’n wettige, praktiese en doeltreffende raamwerk vir die BELA-wet daar te stel.


Ter ilustrasie. FOTO: Unsplash
Ter ilustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page