Die VS premier sê miljarde rand se beleggings is vir die provinsie verseker
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 15
- 1 min read
Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, sê meer as R400 miljard in beleggings is vir die provinsie verseker, met groot projekte wat na verwagting werksgeleenthede sal skep en ekonomiese groei sal bevorder.
Die premier het tydens die provinsie se Jeugmaand-bekendstelling in Bloemfontein aangekondig dat ’n internasionale voertuigvervaardiger beplan om ’n elektriese voertuigaanleg by die Maluti-a-Phofung Spesiale Ekonomiese Sone te vestig.
Elektriese voertuiglaaistasies en batteryproduksiefasiliteite word ook beplan. Die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap sê meer as 7 200 werksgeleenthede sal in die Vrystaat geskep word deur sy nasionale jeugwerkprogram.








Comments