top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die VSA en Iran val mekaar weer aan

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 11
  • 1 min read

Die konflik tussen die Verenigde State en Iran het verder toegeneem nadat die twee lande mekaar vandag weer aangeval het.


Volgens Maroela Media het die VSA aanvalle op Iranse teikens geloods, terwyl Iran later Amerikaanse teikens op basisse in Koeweit en Bahrein geteiken het.


Iranse media het berig dat ontploffings naby die Straat van Hormoes aangemeld is.


Bahrein het 'n lugaanvalwaarskuwing uitgereik en inwoners aangemoedig om skuiling te soek, terwyl Koeweit sy lugruim tydelik gesluit het.


Intussen sê die Amerikaanse president, Donald Trump, Iran sal die "prys moet betaal" vir sy optrede.


Die jongste aanvalle volg op twee opeenvolgende dae van militêre optrede tussen die twee lande.


Donald Trump. FOTO: BBC
Donald Trump. FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page