Die wêreld se grootste houerskip het in Suid-Afrikaanse waters vasgemeer.
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 5, 2025
- 1 min read
Die wêreld se grootste houerskip het in Suid-Afrikaanse waters vasgemeer. Die MSC Nicola Mastro het die week in die hawe van Ngqurha in Gqeberha in die Oos-Kaap vasgemeer. Volgens die Transnet Nasionale Hawe-owerheid is die skip se aankoms ʼn gedenkwaardige geleentheid. Die MSC Nicola Mastro vervoer meer as 24 000 houers. Newskoop berig die owerheid het hul trots uitgespreek dat een van sy vroulike kapteins die skip vasgemeer het, wat nog ʼn historiese oomblik in ʼn manlik-gedomineerde bedryf aandui.






Comments