top of page

Dienslewering gaan voort ná werkers ‘n nuuskonferensie vertraag

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 26
  • 1 min read

Ontevrede munisipale werkers het ’n nuuskonferensie in Bloemfontein met sowat 45 minute vertraag nadat hulle oor onbetaalde oortyd gekla het.


Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit het die werkers antwoorde gesoek, en voeg by dienslewering sal nie onderbreek word nie.


Netwerk24 berig die vergadering het oor die onlangse ontploffing by die Bayswater-substasie en die impak daarvan op krag- en waterlewering gehandel.


Die ontploffing het ’n wye impak gehad nadat duisende Bloemfonteiners vir meer as 30 uur sonder krag was.


Die kragonderbreking het ook die Maselspoort-watersuiweringsaanleg geraak, wat waterlewering beïnvloed het.


Volgens Centlec word die ontploffing nie aan swak instandhouding toegeskryf nie, en die oorsaak word steeds ondersoek.


Die metro voeg by die vervanging van verouderde infrastruktuur word versnel word om langtermyn-betroubaarheid te verbeter.


Ter illustrasie. FOTO: The African
Ter illustrasie. FOTO: The African

Comments


bottom of page