top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dieselverbruikers glimlag breër as petrolmotoriste oor die brandstofprys

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 3
1 min read

Dieselverbruikers sal 'n bietjie breër glimlag as petrolmotoriste wanneer die nuwe brandstofpryse Woensdag in werking tree.


Die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne het die amptelike brandstofprysaanpassings bekend gemaak.


Die petrolprys sal met slegs 1c per liter vir beide 93- en 95-oktaan daal.


Ná oproepe uit verskeie sektore vir regeringsingryping, het die Nasionale Tesourie ’n verligtingspakket van R10 miljard aangekondig, wat ook Woensdag in werking tree. Dit beteken dat die algemene brandstofheffing vanjaar vir die tweede keer tydelik verlaag word.


Die verhoging in die staatsoliefondsheffing het egter die Tesourie se verligting effektief geneutraliseer.


Business Tech berig dieselmotoriste sal steeds dié week ’n prysverlaging van tussen R1,10 en R1,20 per liter geniet.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page