Drie verdagtes in Bloemfontein vas vir mensehandel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 2, 2025
- 1 min read
Drie verdagtes is in hegtenis geneem vir aanklagte van poging tot moord, verkragting en mensehandel.
Een van die verdagtes is 'n voormalige ondersoekbeampte verbonde aan die Valke in Bloemfontein.
Die verdagtes sou Dinsdag hul eerste hofverskyning in Bloemfontein gehad het.
Die soektog na 'n vierde verdagte duur voort.
Polisiewoordvoerder Fikiswa Matoti sê die slagoffer beweer sy het in Julie 2022 aansoek om werk by 'n hereklub in Ferreira in Bloemfontein gedoen.
Met haar aankoms in Bloemfontein vanaf Ventersburg is sy na een van die verdagtes se huis geneem waar sy bedwelm, seksueel aangerand en herhaaldelik verkrag is. Sy beweer voorts foto’s is geneem.
Sy het deur die badkamervenster ontsnap en hulp gaan soek.
Die hoof van die Valke in Bloemfontein, Mokgadi Bokaba, het die ondersoekers geloof vir die nastreef van geregtigheid ondanks wie by die misdaad betrokke is.







Comments