top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Duisende mense reageer op die geskiedeniskurrikulum-debat

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 15 hours ago
  • 1 min read

Meer as 10 000 mense het reeds hul stem laat hoor oor voorgestelde veranderings aan die geskiedeniskurrikulum in skole.


Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, die FAK, sê die voorgestelde wysigings kan daartoe lei dat dele van Afrikanergeskiedenis uit skoolhandboeke weggelaat word.


Die organisasie meen geskiedenis moet volledig en gebalanseerd aangebied word en nie volgens politieke narratiewe herskryf word nie.


Hulle sê in ‘n plasing op sosiale media kinders verdien die geleentheid om Suid-Afrika se volle geskiedenis te leer ken, insluitend die uitdagings, lesse en prestasies van die verlede.


Ter illustrasie. FOTO: FAK
Ter illustrasie. FOTO: FAK

 
 
 

Comments


bottom of page