top of page

Een van die Phala Phala-staatsgetuies sê hy het sy verklaring uit vrees afgelê

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 1
  • 1 min read

Twee van die staat se getuies in die omstrede Phala Phala-diefstalsaak het hul weergawes van gebeure in die hof verander.


Dié getuies, wat ingevolge ʼn hofbevel nie geïdentifiseer mag word nie, was bevriend met of kennisse van die drie beskuldigdes in die saak. Hul verhoor is Woensdag in die Modimolle-streekshof in Limpopo hervat.


Die staat het gevra dat die man as ʼn onwillige getuie verklaar word, wat die hof toegestaan het. Hierna kon die staat die man kruisondervra oor die wesenlike verskille in sy getuienis en verklaring.


Die man het getuig hy was bang hy word in hegtenis geneem en het op sosiale media gelees “baie mense word in verband met die Phala Phala-voorval in hegtenis geneem en selfs aangerand”. Hy het volgehou hy het die verklaring bloot uit vrees afgelê, maar nie gesê of hy wel gedreig is nie.


Voorheen is berig die voormalige tydelike huiswerker op Phala Phala en ʼn veiligheidswag word saam met n ander verdagte beskuldig van onder andere sameswering om huisbraak te pleeg.


Die verhoor duur voort.


Die drie beskuldigdes. FOTO: Maroela Media
Die drie beskuldigdes. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page