Elon Musk is nou amptelik die wêreld se eerste biljoenêr
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 13
- 1 min read
Elon Musk is nou amptelik die wêreld se eerste biljoenêr ("trillionaire"). Dit is ongeveer gelykstaande aan Switserland se bruto binnelandse produk.
Moneyweb berig aandele van SpaceX, wat hy besit, het Vrydag met 19 % gestyg tot $160,95 elk, wat die waarde van sy maatskappy tot $2,2 biljoen laat styg het.
Volgens die Bloomberg Billionaires Index staan Musk se fortuin nou op $1,1 biljoen. Dit is meer as drie keer die fortuin van die wêreld se tweede rykste persoon, Google-medestigter Larry Page.
Musk oorheers jare reeds die rangorde van die wêreld se rykstes – eers toe Tesla Incorporated ontwikkel het tot een van die beste presterende aandele van alle tye, en later toe beleggers gejaag het om ’n aandeel in Space Exploration Technologies Corporation, formeel bekend as SpaceX, te bekom.
Die maatskappy is nou een van die waardevolste ondernemings ter wêreld.








Comments