top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Eskom se appèl teen VS boere is van die hand gewys

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 13
  • 1 min read

Die appèlhof in Bloemfontein het Eskom se spesiale pleit, waarin die kragreus aanvoer die nasionale tesourie kan regstreeks aanspreeklik gehou word vir ’n skadevergoedingseis van ’n groep Vrystaatse boere ná ’n verwoestende veldbrand, met koste van die hand gewys.


Netwerk24 berig die appèlhof het bevind dat die nasionale tesourie nie aanspreeklik is vir Eskom se skuld nie, ongeag die feit dat die tesourie finansiering aan Eskom voorsien. Die appèlregter sê daar bestaan “geen statutêre of regsgrondslag” om die tesourie aanspreeklik te hou vir skuld wat deur Eskom aangegaan is nie.


Vrystaatse boere het die eis ten bedrae van sowat R30 miljoen, plus rente, ingedien ná ’n verwoestende veldbrand in September 2018 op hul plase in die Edenville-distrik.


Eskom het as deel van sy verweer in die hooggeregshof in ’n spesiale pleit aangevoer dat die eisers versuim het om binne ses maande van die brand kennis te gee van hul voorneme om ’n saak aanhangig te maak. Hierteenoor was die boere se standpunt deurentyd dat dit nie van hulle vereis word nie, aangesien die betrokke wet nie melding maak van Eskom nie.


Die hooggeregshof het met die eisers saamgestem en teen Eskom beslis.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page