top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Fedusa waarsku oor druk op werkers

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 2
  • 1 min read

Werkers regoor die land staar toenemende druk en swak werksomstandighede in die gesig.


Dit volgens die vakbondfederasie Fedusa tydens Werkersdagvieringe in onder meer die

Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng.


Volgens die federasie ervaar werkers toenemende psigososiale druk en geestesgesondheidsprobleme wat met die werkplek verband hou.


Hulle voeg by afleggings laat baie gesinne sonder inkomste, terwyl lone nie tred hou met stygende koste soos kos, vervoer en elektrisiteit nie.


Fedusa doen ’n beroep op die regering en werkgewers om dringend in te gryp.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page