Fikile Mbalula sê AfriForum wil sy korrupsiesaak met ‘misleidende mediaverhore’ heropen
- Ilde Roos

- Oct 7
- 1 min read
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het AfriForum se poging om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te oorreed om sy besluit in ʼn korrupsiesaak teen hom te heroorweeg, as “misleiend” bestempel.
Mbalula beskuldig die burgeregteorganisasie daarvan dat hy met ʼn “wraaksugtige agenda” en “misleidende mediaverhore” probeer om ʼn saak te heropen.
Maroela Media berig Mbalula het gister in ʼn verklaring gesê die beweerde oortredings is reeds deur verskeie instellings ondersoek en afgehandel.
Hy verwys onder meer daarna dat nie die NVG, die parlementêre etiekkomitee, die polisie of die Openbare Beskermer (OB) tot ʼn bevinding van onwettige optrede gekom het nie.
Mbalula sê hy het sy regspan opdrag gegee het om sy belange te beskerm en hy weerhou hom in hierdie stadium van verdere openbare kommentaar oor die kwessie.






Comments