FlySafair is steeds bereid om met ongelukkige vliëniers te onderhandel
- Armando Pieters

- Jul 21
- 1 min read
FlySafair se hoof- bemarkingsbeampte, Kirby Gordon, sê die lugredery is steeds bereid om met ongelukkige vliëniers te onderhandel.
Dié vliëniers is ontevrede met die 5,7% loonverhoging en dring aan op 10,5%. Die dispuut kan vlugte vir tot twee weke ontwrig, met 26 van 174 vlugte wat reeds gekanselleer is.
SABC News berig Gordon sê tesame met ander vergoedingstrukture – insluitend bonusse en vlugbetaling – is die totale vermeerdering in koste aan die maatskappy 11,29%.
Hy beaam in die ekonomie met lae inflasie, waar banke en ander werkgewers 4% aan hul werkgewers bied, is 'n verhoging van 11,29% ongehoord.





Comments