Forensiese agterstand bedreig vervolging
- Armando Pieters

- Mar 14
- 1 min read
Die forensiese agterstand van nagenoeg 140 000 DNS-monsters benadeel glo die strafregstelsel. Netwerk24 berig die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, Ian Cameron meen dit belemmer misdadigers se vervolging en die stryd teen geslagsgeweld. Volgens IOL kritiseer hy owerhede se versuim om verantwoordbaarheid te aanvaar en sê kontrakte vir forensiese toerusting het verval. Cameron het SAPD beskuldig hulle nie aanbevelings gevolg het om saam te werk met universiteite wat forensiese hulpbronne het nie, wat 'n minagting vir die krisis en 'n gebrek aan regstelling aandui. Die parlement het in ’n mediaverklaring bygevoeg dat Cameron meen die agterstand sal daartoe lei dat sake van die hofrol verwyder kan word en dat slagoffers nooit geregtigheid sal kry nie. Hy eis ’n forensiese oudit deur die Ouditeur-Generaal en dring aan op verantwoordbaarheid. Cameron voel publiek verdien duidelikheid oor waar die mislukkings lê en hoe dit reggestel gaan word.





Comments