FORMULE EEN: Lando Norris wen chaotiese Britse Grand Prix op Silverstone
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 7
- 1 min read
Lando Norris het op ’n glibberige en nat Silverstone-renbaan ’n droom bewaarheid toe hy voor sy tuisskare eerste onder die geruite vlag deurgejaag het. Norris se McLaren spanmaat Oscar Piastri wat algeheel tweede was het reeds in die agste rondte die voortou geneem toe hy verby Max Verstappen van die Red Bull span geskuif het. Piastri is egter met 10 sekondes gestraf toe die Aussie agter die veiligheidsmotor remme aangeslaan het terwyl Verstappen byna in Piastri vasgejaag het net om oomblikke later van die baan af te tol en sodoende agt plekke in te boet. Nico Hulkenberg van span Sauber was derde gevolg deur Ferrari se Lewis Hamilton, Verstappen en Pierre Gasly van die Alpine span wat die sesde plek ingeneem het. Die volgende ren is Belgiese Grand Prix wat die 27ste Julie by Circuit de Spa-Francorchamps gejaag sal word.





Comments