Geen antwoorde is nog ontvang ná die skokdood van 'n VS seun
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 16
- 1 min read
Meer as twee maande ná die tragiese dood van die negejarige Chris Foord het die Nala-plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat steeds geen rekenskap gegee oor die voorval en die omstandighede daar rondom nie.
Chris, ʼn gr. 2-leerder aan die Loskuil-plaasskool, is op 7 Februarie in Bothaville doodgeskok nadat hy aan ʼn ankerkabel geraak het terwyl hy ná ’n reënbui saam met maats buite gespeel het.
Maroela Media berig die VF Plus eis in vrae aan die munisipale bestuurder, Sekonyela Lehloenya, onder meer antwoorde oor die gebeure wat tot Chris se dood gelei het, asook oor die toestand van Nala se paaie en munisipale geboue.
VF Plus-raadslid in die Nala-plaaslike munisipaliteit, Dian Botha, sê die munisipale administrateur, Amos Goliath, het op ʼn raadsvergadering op 31 Maart gesê dat antwoorde op belangrike vrae wat politieke partye stel, lankal verskaf moes gewees het en dat die aanhoudende gebrek aan terugvoer onaanvaarbaar is.
Goliath het die munisipale bestuurder opdrag gegee om binne sewe dae hierdie uitstaande antwoorde te verskaf. Die sperdatum het reeds op 13 April verstryk.








Comments