Gewigsverliesmedisyne word al hoe gewilder in Suid-Afrika
- Saamgestel deur Jana Roos

- Apr 29
- 1 min read
Gewigsverlies- en gewigsbestuurmedisyne, insluitend Ozempic en Mounjaro, word al hoe gewilder in Suid-Afrika.
Volgens nuwe data van Discovery Bank en Visa, het individue op hierdie tipe medisyne hul wegneemete-besteding verminder.
Die data toon dat ongeveer 48 persent van Suid-Afrikaners wat GLP-een-medikasie gebruik, nou minder aan wegneemetes en restaurante bestee. Dit toon ook dat baie van diegene wat die medikasie gebruik, meer aan gesonder kosse bestee, met ’n besondere fokus op groente en graan.
Intussen sê byna die helfte dat hulle ook minder aan alkohol bestee.








Comments