top of page

Godongwana waarsku teen die instel van ʼn welvaartsbelasting

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 7
  • 1 min read

Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, verwerp oproepe vir ‘n welvaartsbelasting of ‘n apartheid-era-regstellingsbelasting, en waarsku dat dit die ekonomie miljarde kan kos. Suid-Afrika het reeds ‘n progressiewe belastingstelsel, met hoë verdieners wat byna die helfte van alle persoonlike inkomstebelasting bydra. Volgens die minister toon internasionale ervaring dat sulke belastings dikwels tot kapitaalvlug en beperkte inkomste lei. Hy waarsku dat die verlies van slegs 10% van die land se topbelastingbetalers die land jaarliks R49 miljard kan kos.

 
 
 

Comments


bottom of page