top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Goeie én slegte nuus by die brandstofpompe

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 1
  • 1 min read

Die petrolprys gaan Woensdag styg, maar die dieselprys gaan daal. Dit is volgens die departement van minerale en petroleumbronne wat die brandstofpryse vir Junie Maandag bekend gemaak het.


Netwerk24 berig die prys van petrol styg met meer as R1,40 per liter, terwyl die prys van diesel met tussen R2,62 en R3,25 per liter daal.


Die gemiddelde prys van diesel en paraffien het oor die afgelope maand meer as die petrolprys gedaal weens ’n laer seisoenale aanvraag soos wat die somer in die noordelike halfrond aanbreek.


Die balansheffing gaan in Junie met ’n rapsie meer as 35 sent per liter styg. Die brandstofheffing, wat vir die afgelope twee maande na R3 verlaag is, tree ook weer gedeeltelik in Junie in werking. Dit beteken dat petrol nou ’n bykomende R1,50 per liter duurder word en diesel R1,96 per liter.


Vanaf 1 Julie sal die pryse terugkeer na wat die brandstofheffing in April moes gewees het voordat die ingrypings aangekondig is. Vir petrol sal die heffings R4,10 per liter wees en vir diesel R3,93.


Ter illustrasie. FOTO: Business Tech
Ter illustrasie. FOTO: Business Tech

 
 
 

Comments


bottom of page