top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Grey sê jammer oor Jeugdag-eksamens

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 17, 2025
  • 1 min read

Grey Kollege Sekondêr in Bloemfontein het 'n opregte verskoning aan leerders, ouers en personeel uitgereik na die onverwagte kansellasie van eksamens wat vir Maandag 16 Junie geskeduleer was. Central News berig volgens Grey se hoof, Braam van Wyk, het die Departement van Onderwys hul laat Sondag laat weet dat ‘n formele klagte rakende die skedulering van dié eksamens ontvang is. Gevolglik is die skool gelas om die eksamens te kanselleer. Volgens ‘n mediaverklaring van die ANC-jeugliga in die Vrystaat, vind hulle die skedulering van dié eksamens histories aanstootlik en sê dit is 'n berekende daad van provokasie en kulturele onsensitiwiteit. Central News berig verder Grey het beklemtoon dat die eksamenrooster en kwartaalskedule noukeurig beplan en vooraf gekommunikeer is. Hulle voeg by die enigste motivering agter die tydsberekening was om op te maak vir akademiese tyd wat verlore gegaan het as gevolg van vroeëre interskoolaktiwiteite – en was absoluut "sonder enige opsetlike vooroordeel".

 
 
 

Comments


bottom of page