top of page

Groenewald sê hy het nie parlement mislei

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 4
  • 1 min read

Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, sê hy het nie die parlement mislei oor gevangenes wat uit die gevangenisstelsel verdwyn het nie.

Groenewald het aan die parlement se Gekose Komitee oor Veiligheid en Justisie gesê hy maak staat op inligting wat hy van tronkbeamptes oor die aangeleentheid ontvang het.

Parlementslede is ongelukkig nadat drie gevaarlike jeuggevangenes verdwyn het terwyl hulle verlede jaar na die Pollsmoor-gevangenis oorgeplaas is.

Groenewald sê sommige parlementslede gebruik probleme in sy departement vir politieke agendas.

 
 
 

header.all-comments


bottom of page