Groenland sê nee dankie vir 'n hospitaalskip van Trump af
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 23
- 1 min read
Groenland se eerste minister, Jens-Frederik Nielsen, het die Amerikaanse president, Donald Trump, versoek om direk te kommunikeer nadat Trump gesê het hy beplan om ’n hospitaalskip na die eiland te stuur.
Trump het op sosiale media beweer inwoners ontvang nie voldoende gesondheidsorg nie. Nielsen het dit verwerp. Hy sê Groenland bied gratis openbare gesondheidsorg en het nie hulp van ander lande nodig nie.
Hy het bygevoeg dat samewerking met die VSA moontlik is, maar dat formele gesprekke verkies word bo verklarings op sosiale media.







Comments