top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Heidedal polisiebeamtes word van nóg ‘n aanranding beskuldig

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 6, 2025
  • 1 min read

Die onafhanklike polisie ondersoekdirektoraat ondersoek tans twee afsonderlike sake van aanranding teen polisiebeamptes van die Heidedal Polisiestasie in Bloemfontein. Polisiewoordvoerder, Lizzy Suping, sê in ‘n mediaverklaring ’n polisiebeampte het glo na die huis van ’n afgetrede polisiebeampte gegaan om ’n waarskuwingsverklaring in ’n ander saak te bekom. Daar was na bewering ’n woordewisseling en die beampte het sonder die verklaring vertrek. Hy het glo later met vyf ander polisielede teruggekeer en ’n verdere konfrontasie het toe plaasgevind. Die afgetrede beampte, sy vrou en seun het later na die Heidedal-polisiestasie gegaan om ’n aanrandingsaak teen die polisielede aanhangig te maak. Dit volg na Rosestad-nuus vroeër die week berig het van ‘n vrou wat glo ook deur beamptes by dié polisiestasie aangerand is, nadat sy ‘n saak van gesinsgeweld aangemeld het.

 
 
 

Comments


bottom of page