Heinz Winckler stig 'n organisasie nes dié van Charlie Kirk
- Ilde Roos

- Nov 5
- 1 min read
Die sanger-prediker Heinz Winckler het 'n nuwe beweging, One80, gestig, wat deur die vermoorde Amerikaanse aktivis Charlie Kirk se organisasie, Turning Point USA, geïnspireer is.
Volgens One80 se webtuiste is dit ’n beweging wat staan vir geloof, die gesin en vryheid wat geskep is “in reaksie op Kirk se opoffering en die impak daarvan wêreldwyd”.
Netwerk24 berig Winckler het intussen ook direkteure bymekaar gekry om ’n organisasie sonder winsbejag te registreer.
Volgens hom is gesinswaardes een van die hoofredes vir die beweging. Hy sê Suid-Afrika beweeg in 'n negatiewe rigting wanneer dit by gesonde morele waardes kom.
Hy voeg by universiteite, waarvan die meeste as Christelike instansies begin het, het die tuiste vir radikale ideologieë geword wat van hul oorspronklike doelwitte wegbeweeg.





Comments