top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Helen Zille doen dit weer - dié keer met 'n ziplyn

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 28
  • 1 min read

Die DA se bugermeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, doen dit weer - hierdie keer met 'n ziplyn en ’n sinkgat.


Good Things Guy berig Zille het Maandagaand ’n video geplaas van haarself wat met ’n ziplyn oor ’n massiewe sinkgat gly wat ’n residensiële oprit heeltemal versper. Dit is glo al vir vier jaar daar. Al is daar ’n ander ingang na die kompleks, is die werklikheid dat dit net een van vele sinkgate is wat in die gebied vorm.


Binne ure het die video meer as 80 000 kyke op TikTok gehad, meer as 550 000 op Facebook en oor die 650 000 op Instagram. 


Helen Zille. FOTO: Good Things Guy
Helen Zille. FOTO: Good Things Guy

 
 
 

Comments


bottom of page