top of page

Hiënas val ‘n man in sy tent aan

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 3
  • 1 min read

ʼn Man wat ernstige beserings opgedoen het toe twee hiënas hom in sy tent aangeval het, doen ʼn beroep op Cape Vidal naby St. Lucia in KwaZulu-Natal om nie dié hiënas enige leed aan te doen nie, maar eerder na ʼn ander reservaat te verskuif. Volgens Maroela Media het die 27-jarige Nicolas Hohls reeds plastiese chirurgie aan sy gesig ontvang. Hy het bytwonde aan sy kop, regterwang, hand, enkel en binnebeen opgedoen en sal na verwagting vandeesweek ontslaan word. Hohls sê sy familie kamp al vir byna 20 jaar op die terrein, “maar oor die afgelope paar jaar het die aantal wilde diere in die kamp ʼn werklike probleem geword”. ‘n Woordvoerder van Ezemvelo KZN Wildlife het by navraag bevestig dat dit die tweede aanval binne ‘n maand is.

 
 
 

Comments


bottom of page