Hlophe se appèl is van die hand gewys
- Armando Pieters

- Dec 22, 2024
- 1 min read
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het John Hlophe en die MK-party se aansoek om te appelleer van die hand gewys. Die appél was teen die tussentydse interdik wat Hlophe verbied het om in die onderhoude van die Regterlike Dienskommissie (RDK) te sit. Eyewitness News berig die hof het bevind dat hy nie onherstelbare skade sal ly nie, en dat daar geen praktiese effek sal wees nie aangesien Hlophe reeds uit die RDK bedank het. Die hof het Hlope vroeër vanjaar verbied om in die Oktober-been van die onderhoude te sit. Die hof het ook gesê dat Hlophe se bedanking uit die liggaam ook nie sy verrigtinge ongeldig maak nie, maar ingevolge die Wet op die Regterlike Dienskommissie, bloot ’n vakature skep.





Comments