Hoër elektrisiteitspryse word vir die volgende twee jaar verwag
- Armando Pieters

- Aug 29
- 1 min read
Suid-Afrikaners kan verdere stygings in elektrisiteitspryse vir die volgende twee jaar verwag.
Dit is nadat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) foute in sy prysbepaling, wat in Januarie aangekondig is, gevind het.
Eskom het toe ‘n geregtelike hersiening van stapel gestuur om die prysbepaling te betwis.
Eskom en Nersa het nou ‘n skikking bereik, wat beteken tariewe sal elke jaar met 8,8% styg. Voorheen was tariewe vasgestel om teen 5,4% in 2026-'27 en 6,2% in 2027-'28 te styg.





Comments