Hoërskool in Bloemfontein gaan regstappe teen Metro neem
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 26, 2025
- 1 min read
Hoërskool Sentraal in Bloemfontein het aangekondig dat hul regstappe teen die Mangaung Metro Munisipaliteit gaan neem. Volgens 'n onlangse mediaverklaring volg dit nadat hulle, glo ondanks herhaalde versoeke aan die munisipaliteit, steeds op die herstel van 'n sinkgat op hul rugbyveld wag. Die skool sê die sinkgat, wat in Maart 2023 ontstaan het, het ‘n ernstige impak op hul sportprogramme en infrastruktuur. Volgens die skool se beheerliggaamvoorsitter, Pieter Muller, is dit betreurenswaardig dat beide partye nou regskoste moet aangaan, aangesien die fondse vir die ontwikkeling van kinders en die ondersteuning van behoeftiges gebruik kon word. Rosestad-nuus het die munisipaliteit vir kommentaar gekontak en wag vir terugvoer.







Comments