top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Hoërskoolleerders verkeer onder toenemende druk

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 9
  • 1 min read

'n Nuwe verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut waarsku dat hoërskoolleerders in Afrikaanse skole onder toenemende druk verkeer.


Volgens die onderwysnavorser, Johnell Prinsloo, dui die bevindinge op 'n generasie wat met hoë vlakke van druk en angs worstel.


Die verslag toon dat 81% van ouers akademiese druk as hul kinders se grootste uitdaging beskou, terwyl 77% van onderwysers sosiale media as 'n groot negatiewe invloed identifiseer.


Prinsloo sê ouers en onderwysers is bereid om te help, maar baie voel nie voldoende toegerus om leerders die nodige ondersteuning te bied nie.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 

 
 
 

Comments


bottom of page