Hof hoor appèl teen Cholota se uitleweringsuitspraak aan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 13, 2025
- 1 min read
Die Vrystaat-Hooggeregshof in Bloemfontein hoor die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aansoek om verlof aan om teen die uitspraak oor Moroadi Cholota se uitlewering te appelleer.
Die hof het verlede week beslis dat Cholota se uitlewering verlede jaar uit die Verenigde State onwettig was.
Cholota, die voormalige persoonlik assistent van die voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule, was een van die beskuldigdes in die asbeskorrupsieskandaal van R255 miljoen.
Regter Phillip Loubser het egter bevind dat Suid-Afrikaanse howe geen jurisdiksie het om Cholota te verhoor nie.
Cholota word nie meer saam met Magashule en 16 ander in die saak aangekla nie.







Comments