top of page

HOKKIE: S.A. o.21 hokkiespanne kwalifiseer vir Wêreldbeker

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 23
  • 1 min read

S.A. se o.21 spanne het vir die Wêrelbeker-toernooie  gekwalifiseer nadat die vroue en mans in Afrika se junior toernooie in Windhoek met die louere kon wegstap. Die dames het Zimbabwe met 5 – 0 uit die pad gevee terwyl die mans vir Egipte met dieselfde telling verskil in hul vierde wedstryd geklop het. Die mans speel in hul laaste wedstryd teen Kenia terwyl die vroue die gasheer Namibië  sal aanvat met die eindstryde wat Vrydag beslis word. Die Wêreldbeker-toernooie word in November  in Chennai , Indië  beslis.

 
 
 

Comments


bottom of page