Hospitale sien meer H1N1-gevalle dié griepseisoen
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 1
- 1 min read
Die H1N1-virus vorm deel van die normale seisoenale griepstamme, maar hospitale in Bloemfontein sien vanjaar meer gevalle as gedurende die vorige griepseisoen.
Netwerk24 berig dat onder meer Mediclinic Bloemfontein die afgelope paar weke 'n toename in griepkonsultasies en -opnames aangemeld het, veral onder kinders en ander kwesbare groepe.
Die hospitaal se woordvoerder, Valencia Swarts, sê hoewel die meeste pasiënte met behandeling en genoeg rus herstel, word sommige ernstig siek en moet hulle gehospitaliseer word.
Life Rosepark-hospitaal het ook 'n toename in H1N1-gevalle bevestig.
Gesondheidswerkers waarsku dat griepvirusse maklik in skole, sportspanne en huishoudings versprei. Ouers word aangemoedig om siek kinders tuis te hou en mediese hulp te soek indien simptome ernstig raak.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes monitor die situasie landwyd.








Comments