top of page

Internasionale vlugte ná en van SA is opgeskort weens konflik in die Midde-Ooste

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Mar 1
  • 1 min read

Verskeie internasionale vlugte ná en van Suid-Afrika is opgeskort nadat bedrywighede by die Dubai Internasionale Lughawe gestaak is.


Die sluiting volg op toenemende lugaanvalle tussen die Verenigde State, Israel en Iran.

Emirates en Qatar Airways het vlugte vanaf Suid-Afrika tot verdere kennisgewing gestaak.

Passasiers word aangeraai om vlugstatusse na te gaan, aangesien skedules vinnig verander.

 

Intussen sê Israel hy het Sondagoggend nog 'n vlaag aanvalle op Iran van stapel gestuur.


SABC-nuus berig die Israelse weermag sê Iran se ballistiese missiel- en lugverdedigingstelsels word geteiken. In 'n vroeëre verklaring het Iran se Rewolusionêre Wag gesê die land se gewapende magte gaan sy grootste offensiewe operasie óóit uitvoer.


Dit volg na die dood van die opperleier, ajatolla Ali Khamenei, Saterdag na gesamentlike aanvalle deur Amerika en Israel.


Waarnemers sê Iran het Sondag voortgegaan om ballistiese missiele op Israel af te vuur, maar bykans almal is deur Israel se lugverdedigingstelsel afgeskiet.


Argieffoto van troepe in Iran. FOTO: The Guardian
Argieffoto van troepe in Iran. FOTO: The Guardian

 
 
 

Comments


bottom of page