top of page

Iran se opperleier is dood in militêre aanvalle

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Mar 1
  • 1 min read

Iran het bevestig dat sy opperleier, ajatolla Ali Khamenei, in gesamentlike Amerikaanse en Israelse militêre aanvalle dood is. Iran se staatsmedia het ook aangekondig dat sy dogter, skoonseun en kleindogter dood is.


SABC-nuus berig video's is op sosiale media versprei van Iraniërs wat in die hoofstad, Teheran, en die stad Karaj die ajatolla se dood vier.


Khamenei het in 1989 op die ouderdom van 50 die leierskap van Islamitiese Iran oorgeneem, wat relatief jonk was in vergelyking met meeste van die senior geestelikes wat hom verkies het.


Hy het Iran met 'n ystervuis regeer, en die land op 'n lang anti-Westerse kruistog geneem. Die opperleier het 'n kernprogram nagestreef wat Iran geïsoleerd en verarm gelaat het, voordat internasionale sanksies hom gedwing het om van koers te verander en kernaktiwiteite te beperk.


Ajatollah Ali Khamenei. FOTO: BLOOMBERG
Ajatollah Ali Khamenei. FOTO: BLOOMBERG

 
 
 

Comments


bottom of page