Jagersfontein-slikramp se verslag ná drie jaar nog nie bekend
- Armando Pieters

- Jul 8
- 1 min read
Byna drie jaar ná die slikramp by die diamantverwerkingsaanleg in Jagersfontein in die Vrystaat is die inhoud van die verslag steeds nie bekend nie.
Netwerk24 berig dié verslag kan moontlik in die strafsaak teen die eienaars van die slikdam gebruik word.
Die ramp het meer as 160 huise beskadig of vernietig, en twee mense is dood. Die saak is verlede jaar aan die departement van water en sanitasie (DWS) oorhandig.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het egter versoek dat die verslag nog nie geopenbaar word nie.
Volgens DWS-woordvoerder Sanku Tsunke word daar gewag op hul advies, en die NVG kan moontlik die finale besluit voor einde Augustus neem.
Dit is nog nie duidelik wanneer die NVG toestemming sal gee dat die tegniese-ondersoek-verslag bekend gemaak mag word nie.





Comments